|
BREEDER
PAGES
►
Locklore Santa Gertrudis
|
In 1973 my husband, Apie Lock and I, obtained our first six Santa
heifers as well as a bull from Superior Land and Cattle Company in
Texas. Will I ever forget how excited we were when the
cattle finally arrived in Cape Town? Apie even borrowed a
torch to go and look at the cattle in the crates on the first
night of their arrival. |
 |
|
|
|
|
In 1973 het ek en my man,
Apie Lock, ons eerste Santas aangeskaf toe ons ses verse en 'n bul van
Superior Land and Cattle Company in Texas ingevoer het. Sal ek
ooit vergeet hoe opgewonde ons was toe die beeste uiteindelik in
Kaapstad gearriveer het? Apie het selfs 'n flits geleen om die
eerste aand al na die beeste in die kratte te gaan kyk! |
|
|

Son of Locklore Ian /
Seun van Locklore Ian |
In 1974 I visited Texas to buy cattle from well-known breeders.
I bought seventeen Santas for our stud. As always with
something new, there was resistance against the Santas. We
realised that this breed was young and unknown in South Africa and
that we would have to work hard to obtain a market share.
Bulls originally did not sell and therefore we used bulls on
Afrikaner cows. These F1 heifers made excellent
advertisement and proved to fellow farmers how good a Santa
Gertrudis Bull can crossbreed. |
|
|
|
|
In
1974 het ek Texas besoek om by die bekendste telers beeste te koop.
Ek self het sewentien Santas vir ons stoet aangekoop. Soos
dikwels die geval met vernuwing, was daar aanvanklik teenstand by
baie mense teen die Santas. Ons het besef dat die beesras
jonk en onbekend in Suid-Afrika is, en dat daar gewerk sal moet
word om 'n markaandeel te kry. Bulle het byvoorbeeld
aanvanklik net nie verkoop nie en ons het die bulle toe op
Afrikanerkoeie gebruik. Hierdie F1 verse het goeie reklame
gemaak en het mense gewys hoe goed die Santabul kan kruisteel. |

11 Year old
cow in the field / 11 Jaar oue koei op die veld |
|
We are grateful that with a very humble
and difficult beginning we obtained a lot of success with our Santa
Stud. The most important performances of the stud are the
following:
-
1978: First
SA Champion Bull - Locklore Caesar
-
1980:
Second SA Champion Bull - "Gert"
-
1985: Third
SA Champion Bull - Bosque
-
1985: SA
Champion Cow - Locklore Gertrude 5482. She is a daughter of "Gert"
and was also the runner-up of the Gold Cup on the Rand Show
-
1989:
Locklore Lucy - Gold Cup winner at the Rand Show and Vryburg Show
-
1990:
Locklore Lucy - SA Champion Cow and runner up of the Gold Cup at the
Rand Show
-
1991:
Locklore Tarzan 888 - First Santa Gertrudis bull bred in South
Africa to be runner-up of the Gold Cup at the Rand Show
-
1994:
Locklore Rover - Champion Bull at the Rand Show
-
1994:
Locklore Gertrude - Champion Cow at the Rand Show
-
1998:
Locklore Ian - SA Champion at Bloemfontein Show.
-
2001:
Locklore Tarzan 11699 - Fase D Champion Bull
-
1997, 1998 & 2003
we received the Farmer's Weekly Trophy for the best producing cow.
Ons is
dankbaar dat van so 'n nederige en moeilike begin ons soveel suskes
met ons Santa stoet behaal het. Die belangrikste prestasies van
die stoet is die volgende:
-
1978:
Eerste SA Kampioen Bul - Locklore Caesar
-
1980:
Tweede SA Kampioen Bul - "Gert"
-
1985:
SA Kampioen Koei - Locklore Gertrude 5482. Sy is die dogter
van "Gert" en is ook die naaswenner van die Goue Beker op die Randse
Skou
-
1989:
Locklore Lucy - Goue Beker wenner op Randse Skou en Vryburg Skou
-
1990:
Locklore Lucy - SA Kampioen Koei en naaswenner van die Goue Beker op
Randse Skou
-
1991:
Locklore Tarzan 888 - eerste Suid-Afrikaanse geteelde bul wat die
naaswenner van die Goue Beker op die Randse Skou is
-
1994:
Locklore Rover - Kampioen Bul op Randse Skou
-
1994:
Locklore Gertrude - Kampioen koei op Randse skou
-
1998:
Locklore Ian - SA Kampioen op Bloemfontein Skou
-
2001:
Locklore Tarzan 11699 - Fase D Kampioen Bul
Locklore Caesar was the first bull calf of
the first lot of heifers we imported in 1973. Caesar was South
Africa's first National Champion at the SA Championships at the Royal
Show in Pietermaritzburg. Caesar put his stamp on our herd as
well as other herds. He was a long and muscled bull and bred
good female characteristics.

Locklore Caesar - First SA Champion 1978
|
Locklore Caesar was
die eerste bulkalf van die eerste verse wat ons in 1973 ingevoer
het. Caesar was Suid Afrika se eerste Nasionale kampioen
aangewys op die Nasionale Kampioenskappe by die Royal Skou van
Pietermaritzburg in 1978. Caesar het sy stempel op ons kudde
sowel as ander kuddes afgedruk. Hy was lank en bespierd en
het ook goeie moeder eienskappe geteel. |
We bought the well known Big Red "Gert" in
1977 as a bull calf at the dispersal sale of Mr Gerrie de Jongh of
Howick. Gert, who was predominantly Nine-Bar breeding was only
two years old when he became the second National Champion in 1980.
His females had the most distinctive characteristics - and were
winners of the Gold Cup and also runner-up for the Gold Cup.
|
Die
bekende Big Red "Gert" het ons in 1977 as 'n bulkalfie van Gerrie
die Jongh van Howick gekoop op die algehele verkoping van sy
oorwegend Nine-Bar Santas. Gert was maar twee jaar oud toe
hy die tweede Nasionale Kampioen in 1980 geword het. Sy
vroulike diere het besondere eienskappe gehad soos blyk uit sy
nageslag van Goue Beker and Naasgoue Beker wenners was. |

Uitstaande
Barney seun. Sterk in stoet gebruik. Van sy seuns word
steeds gebruik |
In 1983 we went to Texas to look for new
strains and so we imported El Colina Bosque. In 1985 Bosque
became the third National Champion. The night the Santa
Gertrudis Banquet was held at the Carlton Hotel, the animals were
welcomed as guests of honour. They were signed in at the
reception of the hotel, taken to the third floor with the kitchen's
lift and there, in their own cubicle, they enjoyed their own dinner
with all the other guests. Using his initiative, the society's
president, Louis Botha, made sure that a great advertisement was made
for the Santas.
|

Poena seun van
Locklore Ian /
Polled son of Locklore Ian |
In
1983 het ons weer nuwe bloedlyne in Texas gaan soek en El Colina
Bosque ingevoer. Bosque word in 1985 die derde Nasionale
Kampioen. Bosque en sy raskampioen koei Gertrude, word die
aand van die dinee van die Santa Gertrudis Genootskap in die
Carlton Hotel, as eregaste ontvang en onthaal. Die beeste is
by die ontvangs van die hotel ingeteken, met die kombuishysbak na
die derde vloer geneem net het in hulle eie afskorting hulle
aandete saam met die gaste geniet. Groot reklame is vir die
Santas gemaak deur hierdie inisiatief van die destydse president
van die Genootskap, Louis Botha. |
Locklore Ian was bred on the farm and we
are now investing in his breeding. Ian breeds hardy bulls with
good muscling and sheaths. His female progeny are of high
quality.
Locklore Ian is op die plaas geteel en ons is besig om sterk in sy
teling te belê. Hy teel geharde bulle met goeie bespiering en
skedes. Sy vroulike diere is van hoogstaande kwaliteit.
The value of any stud depends on what the breeder does with them.
As colourful as the history of the Santa Gertrudis is, so are the
breeders who left their mark on the breed. My husband, Apie
Lock, was a breeder like that. He loved his cattle and
enjoyed showing them. From 1981 my son, Koos, has made an
enormous contribution and as time went on, he took over the
running of the stud. Today he is a breeder in own right.
|
Enige
stoet se waarde hang af van wat sy teler daarmee doen. Net so
kleurryk soos die geskiedenis van Santa Gertrudis, is die telers wat
elk 'n stempel op sy kudde afgedruk het. So 'n teler was my man
Apie Lock wat sy beeste liefgehad het en dit geniet het om te skou.
My seun Koos het vanaf 1981 'n enorme bydrae tot die stoet gelewer en
hy het mettertyd die bestuur van die stoet oorgeneem. Vandag is
hy 'n teler in sy eie reg. |
 |
|
|
|
|

Locklore
LLO162 is currently being used in herd /
Locklore LLO162 word tans in kudde gebruik |
The Locklore Stud always tried to breed cattle that would be value
for money for the buyers. We are proud of the achievements
of our cattle in our own herds and also the herds of other
breeders and it has been proven over the last few years by shows
and sales.
Die
Locklore stoet het altyd probeer om beeste te teel wat aan die
kopers waarde vir geld sou gee. Ons is trots op die
prestasie van ons beeste in ons eie en ook in ander kuddes, soos
dit die afgelope paar jaar op veilings en skoue bewys is. |
|
We also think with great appreciation of
Martin and Norma Seyfferdt, who have served the breed and its breeders
with dignity and sincerity. Martin did not only make a
contribution to the Santas but also established himself in the beef
industry.
Ons
dink ook met groot waardering aan Martin en Norma Seyfferdt wat oor 'n
lang tyd die ras en sy telers met waardigheid en opregtheid gedien het.
Martin het nie net 'n bydrae tot die Santas gelewer nie, maar ook in
die hele rooivleisbedryf naam gemaak.
Mrs Annie Lock / Mev. Annie Lock
|
|
|
Locklore, Ganado
Rojo en Jadup stoet bestaan uit 300 teelkoeie waarmee
ekstensief op natuurlike en aangeplante weidings geboer
word.
Gehardheid,
vrugbaarheid en goeie groei is deur die jare in die kuddes
vasgeteel. Langlewe en goeie melk is een van ons
uitstaande eienskappe in die kudde soos weerspieël word in
die feit dat ons koeie het wat 14 kalwers in 16 + 17 jaar
grootgemaak het. Die melkeienskappe word weerspieël in
die grafiek van LNR wat speenmateriaal in die kudde weergee. |
|
|
|
 |
|
Bulle word ook
streng vir gehardheid, groei en vrugbaarheid
geselekteer. Testis omvang wat 'n sterk
korrelasie met vrugbaarheid het is een van die
seleksies wat deur die jare nagevolg is en die
resultaat word weergegee in die grafiek van LNR se
blup analise vir 2004. |
|
|
|
 |
|
Verskeie van ons bulle is
eienskapvoorlopers in die ras vir skrotumomvang,
speenmateriaal, jaar gewig en 18 mde gewig.
Bulle word jaarliks uit die
hand, op bulveilings en produksieveilings van die hand gesit.
Locklore nageslag word orals in baie kuddes in die land en
Namibië aangetref en ons is trots op die prestasie van ons
beeste in ons eie en ook in ander kuddes soos dit die
afgelope paar jaar op veilings en skou bewys is.
--------------------------------------------------
Die volgende
speengewigte is behaal in die seisoen met die minste reën in
53 jaar.
Koeie en kalwers het sonder enige lek of byvoeding op
natuurlike weiding geloop met die laaste 2 maande voor speen,
op aangeplante weidings.
Kliek hier vir die verslag |
|
|
|
|